God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie dag. Voor my oë begin die rekenaar alles wat ek geskryf het, uitvee. Lettertjie vir lettertjie, van die laaste letter af terug. Paniekbevange probeer ek die proses stopsit. Druk knoppies. Tik goedjies. Niks werk nie. ‘n Magteloosheid oorval my. Dis of my werk voor my oë uitrafel, lettertjie vir lettertjie. Uiteindelik ruk ek die kragkabel uit die muur en hoop ek kan dit weer aankry en my materiaal herwin. ‘n Rekenaarkenner kon die rekenaar kry om te werk ... 

 ...  Read more