‘n Verkeerde siening van die Vader se hart #2603

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Rosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies ontvang. Een brief het uitgestaan — dit was respekvol geskryf deur ’n predikant wat haar uitgenooi het tot gesprek. Uit nuuskierigheid het sy die uitnodiging aanvaar. Mettertyd het Rosaria en haar lewensmaat maaltye gedeel met die predikant en sy vrou. Daar was geen druk nie — net eerlike gesprek, vriendskap en die lees van die Skrif. Terwyl sy die Bybel ernstig bestudeer het, het sy Jesus leer ken — nie die karikatuur waaraan sy gewoond was nie, maar as Here en Verlosser. Na twee jaar het sy tot geloof in Christus gekom. Haar bekering was haar baie gekos ... 

 ...  Read more