Episode notes
Onthou jy nog die liedjie “Nobody likes me, everybody hates me, I guess I’ll eat worms!”
Die liedjie gee nogal weer hoe baie mense voel. Oor hulself. Hoeveel mense voel niemand is lief vir hulle nie. Hulle voel onwaardig. Hulle kan nie eens dink dat iemand van hulle sal hou nie.
Die evangelie van Jesus Christus vertel ‘n heel ander storie oor ons. Ons is kosbaar in God se oë. Hy kies om ons lief te hê, ten spyte van al ons foute en tekortkominge.
Ek praat vandag met jou oor: ONTDEK – OF HERONTDEK – DIE HART VAN GOD VIR JOU
‘n Pa stap ‘n vertrek binne en sien sy geliefde kind. Die pa se gesig verhelder. Hy glimlag breed. Die kind weet: My pa is bly om my te sien. Want die pa is inderdaad bly om sy kind te sien. Sy gesig sê vir die kind: Ek is so lief vir jou. Jy beteken so baie vir my! Kom hier na my toe. Ek het jou só gemi ...