Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek #2514

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Vir baie jare het mense geglo dat dit onmoontlik is om die klankgrens te breek. Sou jy vinniger vlieg as die spoed van klank – om en by 1100 km per uur – dan sal jou vliegtuig disintegreer. Dit sal wees asof jy teen ‘n onsigbare muur vasvlieg. Een persoon wat dit nie geglo het nie, was Chuck Yaeger, ‘n Amerikaanse vegvlieënier wat op 14 Oktober 1947 die teendeel bewys het. Chuck Yaeger het by verskeie geleenthede gepoog om vinninger as klank te vlieg. Elke keer was hy onsuksesvol. Hoe nader hy aan die spoed van klank gekom het, hoe meer onheilspellend het dinge geraak. Die vliegtuig het so begin ruk, dit het vir hom gevoel die vliegtuig kan in stukke verbrokkel as hy dit sou waag om vinniger te vlieg. Terug op die grond is verstellings en aanpassings aan die vliegtuig gemaak, alles skynbaar tevergeefs. Die vliegtuig het steeds geruk hoe nader Yae ... 

 ...  Read more