Episode notes
Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sleep hom uit. “Ek het jou kar nodig,” is al wat hy sê. Dr Winter probeer verduidelik dis ‘n noodgeval, maar die man gee hom nie kans nie. Dit neem die dokter meer as 45 minute om by ‘n telefoon te kom. Toe hy by die hospitaal kom, is dit té laat. Die seun het gesterf. Sy pa was net betyds om by te wees toe hy sterf, sê hulle. Sal ...