Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die volleybal, asof hy sy vriend is. Dis amper asof hy tot Wilson bid vir hulp en wysheid. Nerens in die rolprent praat hy met God nie. Baie mense bid, maar hulle kon net sowel met ‘n volley bal praat. Hul bid tot ‘n god wat nie bestaan nie, ‘n soort god wat mense self uitgedink het. In psalm 5 kry ons ‘n kykie in Dawid se gebedslewe. Dis duidelik as ons begin lees dat Dawid van ouds heeltemal oorweldig voel deur die optrede van mense wat hom vyandig gesind is.  ... 

 ...  Read more