Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om nie bekommerd te wees oor die baie dinge waaroor mense hul so bekommer nie. Dawid het geleer om sy sekuriteit by God te vind. Hy verduidelik vir ons in Psalm 16. Met God as die middelpunt van jou lewe val alles in plek. Met God as middelpunt van jou lewe het jy ‘n onbeskryflike gerustheid oor jou lewe hier en nou en onbeskryflike gerustheid oor die dood en die lewe na die dood. Ek deel graag ‘n paar gedagtes met jou. -

 ...  Read more