Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek

Die Rally-Raid Dagboek by Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Episode notes

Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator.

Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid wêreld – van stof, adrenalien en eerstehandse wedren-ervarings tot die mense wat die sport werklik besonders maak.

Geskiedenis, avontuur en rou passie. As rally-raid in jou bloed is, is hierdie jou nuwe gunsteling potgooi!

Keywords
rally-raidoff-road racingrallySuid-AfrikaAfrikaans
What place this episode is about
Where this episode is made