Die Rally-Raid Dagboek

Die Rally-Raid Dagboek

by Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
Episode 19 - Franz Czepek (Deel 2 van 2)
In hierdie episode gesels ons verder met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid-kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle ook vereer met Protea-kleure vir motorsport. Franz was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie, wat tientalle beroemde oorwinnings opgelewer het – insluitende vier algehele oorwinnings by die Roof of Africa asook die Toyota 1000 Woestynwedren. Gedurende sy glorieryke loopbaan het hy dit reggekry om elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel te wen. As 'n taai, onverskrokke maar regverdige renjaer, sal Franz Czepek vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport. Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Visser-familie, Klaus Degener, Cliff Barker, Franz Czepek Jnr, Marius Beaurain, Ralph Pitchford, Sullwald-familie, Du Plessis-broers, Shameer Variawa, Atang Makgekgenene, Buks Carolin, Richard Schilling, Richard Carolin, Harry Roscoe, en John Salters. 📅 ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. 🎧 Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2)
🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle vereer met Protea-kleure vir motorsport. Franz se loopbaan het van die 1970’s tot die 2000’s gestrek en tientalle beroemde oorwinnings opgelewer. Hy was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie en het elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel gewen. Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in sy 1977-oorwinning by die Roof of Africa in ’n enkelsitplek Hustler Buggy ná ’n noue tweestryd teen Sarel van der Merwe. Twintig jaar later, in 1997, wen hy die Roof of Africa weer – hierdie keer saam met sy seun Franz Jnr as navigator. Hulle het ook enorme sukses behaal by die uitdagende Toyota 1000 Woestynwedren, wat hulle vier keer algeheel gewen het. Franz Czepek sal vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport. Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Eddie Keizan, John Smith, Sarel van der Merwe, Martin Smith, Keith Rivers, Stan Hillman, Parnell, Buks Carolin, Giniel de Villiers, Franz Czepek Jnr, Atang Makgekgenene, Richard “Ouboet” Carolin, Rob Wark, Tony Burges, Chris Visser Snr, Mof Visser, Matty Basson en Chris Visser. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 17 - Philip Malan (Deel 2 van 2)
In hierdie episode gesels ons verder met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Toyota Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies. Name wat in die gesprek genoem word, in volgorde van verskyning: Paddy Driver, Hannes Grobler, John Sulters, Louis Cloete, Richard Leeke, Tony Pond en Arthur Harcus. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 16 - Philip Malan (Deel 1 van 2)
In hierdie episode sit ons om die tafel met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou, en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies. Name wat in die gesprek ter sprake kom (in volgorde van verskyning): Richard Leeke, Lynden Draper, Hannes Grobler, Chris Visser, Bodo Bertholdt, Gary Bertholdt, Sarel Erasmus, John Sulters, John Kotze, Tony Pond, Apie Reyneke, Buks Carolin, Richard Schilling en Johan van Vuuren. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 15 - Francois Jordaan (Deel 3 van 3)
In hierdie finale episode van ons gesprek met die legendariese rally-raid navigator, Francois Jordaan, deel hy meer van sy ervaringe, insluitende: · Die veelsydige rol van ’n navigator in rally-raid, die belangrikheid van wedersydse vertroue, en die invloed en impak van tegnologie · Die voorsprong wat ’n diep kennis van die reëls jou bied · Die genot én uitdagings van verskillende wedrenne · Goeie herinneringe aan die kameraadskap in die kuipe en die talle ligter oomblikke, insluitend ’n kort, ligsinnige optrede as “Judge of Fact” · Raad vir die jonger generasie deelnemers, asook sy voortgesette liefde en betrokkenheid by motorsport · “Moenie duik as jy weghardloop van ’n kar nie!” Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Giniel de Villiers, Kenny Skjoldhammer, Heinie, Piet Swanepoel, Richard Leeke, Henk Lategan, Mark Corbett, Julien Hardy, Brian Baragwanath, Hannes Grobler, Mark Cronje, Robin Houghton, Henry Zermatten, Buks Carolin, Nardus Alberts, Sarel van der Merwe, Arthur Abrahams, Charmaine Fortune, Joe Fourie, Rex Gordon en Jeff Goddard. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)
In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer: · Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het · Die teleurstelling van Dakar 2008, wat op die laaste oomblik afgelas is, saam met Mark Corbett in ’n Century Racing Nissan Navara, die waardevolle verhoudings wat gebou is, en die lesse wat geleer is · Die 2012 Dakar in Suid-Amerika saam met Mark Corbett in die nuut ontwikkelde Century Racing CR5 – kameraadskap in die Suid-Afrikaanse rally-raid-gemeenskap wat ’n paar waaierbande gespaar het en die stil-stil klas oorwinning · Die lewe se gelukskote, die waarde van ’n positiewe ingesteldheid, en die groot impak wat die Dakar op Francois se lewe gehad het Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Piet Swanepoel, Giniel de Villiers, Glyn Hall, Jean-Louis Schlesser, Ari Vatanen, Colin McRae, Mark Corbett, Hannes Grobler, Neil Woolridge, Buks Carolin, Julien Hardy, Rudi Balzer, Colin Matthews en Hennie van der Stege. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3)
In hierdie episode gesels ons met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en 'n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel openhartig sy ryk ervaringe en stories, onder meer: - Hoe die legendariese motorfiets-renjaer Jim Redman petrol in die are van ’n 2-jarige Francois laat beland het - Sy aanvankike deelname aan tydrenne, die oorskakeling na navigatorskap en die paaie wat uiteindelik gelei het na veldrenne - Sy ontmoeting met Giniel de Villiers en die ontwikkeling van hulle hoogs suksesvolle vennootskap - Die goue ontwikkelingsjare van die formidabele Nissan Hardbody saam met Glyn Hall - Die spesiale verhouding met die legendariese Hannes Grobler - Van toeskouer by die Dakar tot uiteindelike deelnemer saam met Giniel Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Pat Moss, Geoff Mortimer, Johan Sieling, Bob Hardy, Richard Leeke, Jan Hettema, Sarel van der Merwe, Hannes Grobler, Piet Haasbroek, Giniel de Villiers, Roelof Fekken, Louis Cloete, Enzo Kuun, Naas le Roux, Glyn Hall, Piet Swanepoel, Apie Reyneke, Robin Houghton, Mike Whitfield, Alec Poole, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, Leon Both, Mac McKensey, Brink Linderman, Gary Bertholdt en Mark Conje. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 12 - Bodo Bertholdt (Deel 2 van 2)
In hierdie episode gaan ons verder met een van die ware pioniers en legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid – Bodo Bertholdt. Bodo deel meer onvergeetlike stories oor: Die kuns van verbetering op die ou Volkswagen Kewers, die oorskakeling na Sandmasters, en die stryd teen modder, skokbrekers en outydse “boer-maak-’n-plan” boswerktuigkunde Sy liefde vir die Barberspan 500, die mense en hulle ongelooflike gasvryheid Ervaringe by verskeie wedrenne deur die jare en die dramatiese ontwikkeling van die voertuie Hoe motorsport ’n familie-saak geword het – met seuns en kleinkinders wat almal betrokke is Die kultuur van die sport vandag versus die ou dae, en wat dit regtig beteken om ’n legende te wees Die koste-aspek van die sport, die belangrikheid van fabriekspanne, en hoe die verskillende klasse die sport kompeterend hou Sy liefde vir alle vorme van motorsport, insluitende veldfietse en go-karts Die seën om ’n sport te kan beoefen waar die hele familie saam betrokke kan wees Name wat in die episode genoem word (in volgorde van verskyning): Paul Coertzer, Gerd Degener, Gary Bertholdt, Buks Carolin, Bevan Bertholdt en Paddy Driver. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)
In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword. In hierdie episode vertel Bodo van: • Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna • Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het • Die besonderse "Spirit of the Roof of Africa"-toekenning wat vir hom baie beteken • Hoe die sport vinnig ontwikkel het toe die eerste Amerikaanse voertuie ingekom het • Die truuks wat hulle gebruik het om ou voertuie meer kompeterend te maak • Die storie van die voertuig wat van die krans afgeval het in Lesotho — en gratis aangebied is aan enigiemand dapper genoeg om dit te gaan uithaal • En ja… as jy tydens ’n wedren ’n nuwe ratkas nodig het — bel net jou vrou! Genoemde name in dié episode (in volgorde van verskyning): Mev Bertholdt, Gary Bertholdt, Philip Malan, Glen Parker, Jack Spencer, Gerd Degener, John Salters, Harry Ruscoe, Brett & Steven Parker, Paul Coertzer, Buks Carolin, Kenny Sjoldhammer, Franz Czepek en Ken Hillebrand. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)
🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en een van die ware steunpilare van rally-raid in Suid-Afrika, Jannie Visser van die Barberspan Motor Klub. Jannie kyk terug op sy indrukwekkende loopbaan – van sy heel eerste wedren in 1989 tot sy Nasionale Kampioenskap in 2011. Hy deel van die mooiste en spesiale oomblikke op die pad, waaronder die emosionele hoogtepunt om saam met sy jonger broer, Chris Visser, op die podium te kon staan na afloop van die 2011 Toyota 1000 Woestynwedren. Hy gee ook sy opregte siening oor die huidige stand van rally-raid in Suid-Afrika: die voertuie, tegniese vooruitgang, en die moderne uitdagings wat die sport in die gesig staar. In hierdie week se “Op ‘n Ligter Noot” deel Jannie ’n snaakse storie oor die soektog na ’n No. 22 spanner in die bosveld! Name wat in Episode 10 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser Snr, Mof Visser, Andries Visser, John Salters, Chris Visser Jnr, Japie Badenhorst, Joks le Roux, Anthony Taylor, Duncan Vos, Jean Els, Hannes Grobler, Bella Geldenhuys, Hennie der Stege, Kassie Coetzee, Fred die Hilux, Berkhens, Gerhard Campher, Vic Campher, Lourens Erasmus, Ockie Fourie, Johannes Bester. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, YouTube en jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!
1 of 2