

Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2)
Episode notes
🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar!
In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle vereer met Protea-kleure vir motorsport.
Franz se loopbaan het van die 1970’s tot die 2000’s gestrek en tientalle beroemde oorwinnings opgelewer. Hy was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie en het elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel gewen.
Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in sy 1977-oorwinning by die Roof of Africa in ’n enkelsitplek Hustler Buggy ná ’n noue tweestryd teen Sarel van der Merwe. Twinti ...Â