

Episode 17 - Philip Malan (Deel 2 van 2)
Episode notes
In hierdie episode gesels ons verder met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era.
Philip het veral in die 1980s en 1990s met Toyota Land Cruiser en Toyota Hilux-voertuie ‘n indrukwekkende rekord opgebou en het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die ontwikkeling en vroeë sukses van hierdie ikoniese bakkies.
Name wat in die gesprek genoem word, in volgorde van verskyning: Paddy Driver, Hannes Grobler, John Sulters, Louis Cloete, Richard Leeke, Tony Pond en Arthur Harcus.
’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.
Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.
Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!