

Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)
Episode notes
In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt,
As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword.
In hierdie episode vertel Bodo van:
• Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna
• Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het
• Die besonderse "Spirit of the Roof of ...