Ons kan nie God se weë altyd vers...
Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Iemand het vertel hoe die kabeljou bedryf in die noordooste van die VSA gesukkel het om vars kabeljou betyds by die markte ver van hul af te kry. As hulle dit vries, gaan iets van die smaak verlore. Hulle het toe begin om die kabeljou lewend in tenks met seewater te vervoer. Die vis se smaak was toe nie na wense nie, en die tekstuur ietwat papperig. Uiteindelik was iemand baie kreatief. Hulle het ’n ander soort vis in die kabeljoutenks gesit – ’n katvis. Die katvis is die natuurlike vyand van die kabeljou. Gedurende die hele reis het die katvis die kabeljou deur die tenk gejaag. Toe die vis uiteindelik by hul bestemming aankom, het die kabeljou gesmaak asof dit pas uit die see gevang is. Die tekstuur was uitstekend, en die smaak selfs beter as voorheen.

Met hierdie storie wou die persoon verduidelik dat God dikwels moeilike omstandighede, s ... 

Read more