Die onveranderlike getrouheid van God
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
Episode notes
Onlangse navorsing oor die grootste bekommernisse wat bejaarde mense vandag beleef, kan opgesom word as bekommernis oor wat van hulle gaan word soos hulle ouer word. Eerste op die lys van bekommernisse is kommer oor hulle gesondheid en onafhanklikheid. Hulle wonder, “Sal ek vir myself kan bly sorg? Wat gaan van my word?” Tweede op die lys, kommer oor finansiële sekuriteit. “Sal ek genoeg hê vir die toekoms?” Derde op die lys van bekommernisse is eensaamheid. “Sal ek op my eie, verlate en geïsoleer wees?”
‘n 2024 opname onder Australiese seniors bevind dat meer as 60% van mense ouer as 50 sukkel om vir noodsaaklike dinge te betaal. Meer as die helfte sê finansiële stres beïnvloed hulle sosiale lewe. Dis duidelik uit die navorsing dat inflasie en stygende koste groot angs oor die toekoms veroorsaak. Behuising is een van die grootste bekommern ...