Ons het ‘n Redder nodig
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
Episode notes
Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig teen aardbewings in die toekoms. Dit het behels dat hulle die bestaande fondasie moes versterk, maar hoe doen mens dit met ‘n massiewe gebou soos City Hall. Wat hulle moes doen om die gebou te beveilig, was om ‘n uitgebreide stelsel van rubber-en-staal isoleerders te installeer onder die bestaande gebou, wat die skokgolwe van ‘n aardbewing kan absorbeer en sodoende skade aan die gebou sou beperk. Dit beteken die hele fondasie is oorgedoen. In San Francisco weet hulle hoe belangrik ‘n goeie fondasie is, en geen koste word ontsien om ‘n goeie fondasie vir Cit ...