God se antwoord vir jou hooploosheid
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
Episode notes
Steve Jobbs se naam is sinoniem met die Apple maatskappy se sukses. Steve Jobbs was die dryfkrag agter so baie innovasies wat vandag alledaags is: Apple Mac, persoonlike rekenaars wat jy saam met jou dra; die iPad, ‘n klein rekenaar sonder ‘n sleutelbord wat geaktiveer word deur op ‘n skerm te druk; die iPod, ‘n klein elektroniese toestel om ‘n hele musiek en video versameling saam te dra en te speel; die iPhone, wat soveel meer is as ‘n selfoon. Wie sou kon dink dat ‘n mens ‘n telefoon saam met jou sal dra wat jou in verbinding kan bring met iemand aan die anderkant van die wêreld binne sekondes en julle sien mekaar; wat jou toegang gee tot inligting oor alles via die Internet, wat ook ‘n musiekspeler en videospeler en televsie is, waarop jy jou banksake kan doen, eposse kan stuur, biblioteke kan huisves, met AI in gesprek kan tree, ens.
S ...