God se plan met jou is groter as ...
God se plan met jou is groter as jou verlede!

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

‘n Artikel ‘n paar jaar gelede in Golfdigest, die bekende tydskrif vir gholfentoesiaste, fokus op waar die woord mulligan in gholf sy oorsprong het. Een moontlike verklaring is dat David Mulligan, ‘n Kanadese amateur gholfspeler, die eerste keer die woord gebruik het in die 1920’s. Hy speel gholf met ‘n paar vriende. Mulligan se eerste hou is windskeef. Baie vies vir homself, sit hy ‘n nuwe gholfbal op die setperk, en slaan nog ‘n hou. Sy vriende kyk hom verbaas aan. “Wat doen jy?” Dis mos nie hoe dit werk in gholf nie. Mulligan se antwoord: “Ek neem ‘n mulligan.” Vandaar die gebruik in amateur gholf, as jou eerste hou hopeloos is, kan jy maak asof dit nie gebeur het nie. Jy kry ‘n tweede kans.

Sou dit nie lekker wees as ons ook in ons elkedagse lewe mulligans kan kry nie! Die verkeerskonstabel is besig om ‘n boete vir ‘n spoedoortreding ui ... 

Read more