Genade-deurdrenkte verhoudings
Genade-deurdrenkte verhoudings
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
S26 · E29
Aug 30, 2026
41:30
Episode notes

Genade-deurdrenkte verhoudings

Daar was ’n tyd toe Hansie Cronjé een van die mees gerespekteerde mense in Suid-Afrika was.

Hy was nie net die kaptein van die Proteas nie. Hy was ’n volksheld. Onder sy kapteinskap het Suid-Afrika 99 eendagwedstryde gewen. Hy was bekend as ’n sterk leier, ’n man van beginsels en iemand wat openlik oor sy Christelike geloof gepraat het.

En toe, in April 2000, stort alles in duie.

Die nuus breek dat Hansie kontak met beroepswedders gehad het en geld van hulle ontvang het. Aanvanklik het hy dit ontken. Mense het hom geglo. Mense het hom verdedig.

Maar Hansie het geweet hy vertel leuens. Uiteindelik kon hy nie langer met die leuens saamleef nie.

Hy erken dat sy aanvanklike ontkennings leuens was. Hy hét geld van beroepswedders ontvang en ander spelers by sy optrede probeer betrek. Hy ...