So maklik mislei
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
Episode notes
n Plasing op Facebook ‘n paar dae gelede trek my aandag. ‘n Amerikaanse soldaat is aan die woord, een wat onlangs in Israel diens gedoen het. Hy praat oor ‘n Bybelse drankie wat net twee bestanddele het en wat Alzheimer se siekte voorkom. Hierdie drankie is so effektief, dat daar vandag geen geval is in Israel van Alzheimer se siekte nie, sê hy, want hulle volg steeds hierdie resep. Nou luister ek, hulle het my aandag, want ek lees die Bybel vir langer as 60 jaar en ek het nog nooit hiervan gelees nie. Buitendien, die storie oor geen Alzheimer se siekte in Israel vandag kan nie waar wees nie. Vir die rekord, volgens ‘n publikasie van die Israeli Departement van Gesondheid op 20/11/2025 was daar 120 000 gevalle van dementia in Israel in 2018. Maar ek wil weet wat die Bybel hieroor sê, so ek luister verder. Ek luister verniet, daar is nie ‘n woord ...