Episode notes

In die Spaanse stad Valladolid waar Christopher Columbus in 1506 sterf, staan ‘n monument ter ere van die ontdekkingsreisiger. ‘n Stukkie simboliek ingebou in die monument is ‘n aardbol met ‘n band oor, met die volgende woorde Ne Plus Ultra. Vir jare was Spanje se leuse: Ne Plus Ultra. Dit beteken, niks anderkant nie. Daar is geen land anderkant Spanje nie. Ingebou in die monument is ‘n leeu wat die woordjie ne wegskeur van die res. Ne is die woordjie wat sê daar is niks anderkant nie. Wat ‘n mens nou lees, is Plus Ultra. Columbus het bewys, daar is land anderkant Spanje. Vir eeue glo hulle as mens deur die stukkie see wat Europa en Afrika skei, genoem die Straat van Gibraltar, wes sou vaar, gaan jy niks verder vind nie. Daar is geen land nie. Columbus het ontdek daar’s ‘n hele wêreld anderkant Spanje wat ons vandag ken as Noord-Amerika en Suid-A ... 

 ...  Read more