Alles wat verkeerd is in my lewe kan reggestel word
Hoop Nogtans di Francois Bredenkamp
Note sull'episodio
Op 25 September 2000 neem ‘n jongman met die naam Kevin Hins die bus na die bekende Golden Gate brug in San Francisco. Hy kan net aan een ding dink. Spring van die brug af. Maak ‘n einde aan alles. Die stemme in sy kop moedig hom aan. Hy het bipolêre depressie, en is psigoties. In sy boek “Cracked, not Broken: Surviving and Thriving after a Suicide Attempt” skryf Kevin Hins, die oomblik toe hy spring, toe besef hy dit was die verkeerde ding om te doen. Dis 67 meter na benede. Dit neem hom 4 sekondes voor hy die water tref. Die eerste sekonde voel hy die wind. Die tweede sekonde sien hy die water vinnig nader kom. Die derde sekonde besef hy, daar is geen probleem in sy lewe wat nie reggestel kan word nie, behalwe hierdie fout wat hy gemaak het. Net drie sekondes is nodig om ‘n nuwe perspektief op die lewe te kry. Maar hy besef dis te laat. Die vie ...