Note sull'episodio

Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA het in 2023 omvattende navorsing onder Amerkiaanse tieners gedoen. Hul bevindings is kommerwekkend. Meer as ’n kwart van Amerikaanse tieners het swak geestesgesondheid ervaar, en ongeveer 40% het aanhoudend hartseer en hopeloos gevoel. Die opname het ook bevind dat 20% van die leerlinge ernstig oorweeg het om selfmoord te pleeg, met sowat 10% wat aangedui het dat hulle probeer het om hul lewens te beëindig [Anderer, S. (2024). CDC: 2 in 5 High Schoolers Report Persistent Sadness. JAMA, 332(21), 1779-1779]. Die statistiek vir Australië toon dieselfde tendense: ons jongmense worstel met intense hooploosheid. Hulle het nie hoop vir ‘n beter toekoms nie, en dit maak dat hulle gemoedstemming laag is. Dis nie net tieners wat hiermee sukkel nie. Hoeveel mense sien nie kans vir die toekoms n ... 

 ...  Leggi dettagli