

HOE OM SINVOL TE BID (Kol. 1:9-14) ep. 2632
Notas del episodio
Bronnie Ware (gebore in 1967) is ‘n Australiër wat mense versorg gedurende die laaste fase van hulle lewe hier op aarde. Sy het jare lank na mense geluister wat juis in hierdie fase van hulle lewe was. Wat haar opgeval het, was dat hulle diepste spyt gewoonlik nie gegaan het oor spesifieke dinge wat hulle nie bereik het nie. Later het sy die temas wat telkens in hierdie gesprekke na vore gekom het, saamgevat in haar boek The Top Five Regrets of the Dying.
So baie mense staar die dood in die oë met spyt dat hulle nie geleef het volgens dit wat werklik belangrik was nie. Dink net daaraan: Jy kom aan die einde van jou lewe en skielik sien jy hoe onbelangrik die meeste van die dinge is wat jou besig gehou het - die opgang wat jy gemaak het in jou werk, die besittings wat jy vergader het, hoe belangrik ander mense se goedkeuring was... Jy kyk t ...