DIE KRUIS IS GENOEG!
DIE KRUIS IS GENOEG!

Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp

Notas del episodio

Jare gelede, toe ons kinders nog klein was, is ons êrens heen op pad. Die pad was lank, die kinders raak verveeld, en begin stry met mekaar oor iets onbenullig. Ek doen wat ek dink my vaderlike plig is. Ek begin ‘n lesing oor hoe onaanvaarbaar hulle gedrag is. En wat ek van hulle verwag. En toe gebeur die totaal onaanvaarbare. Ek hoor kliphard van agter af: “Bla! Bla! Bla!” In die middel van ‘n sin raak my woorde op. Ons het geen disrespek toegelaat van ons kinders nie. En toe sien ek dit, ‘n massiewe vertoonbord langs die pad met ‘n advertensie vir ‘n selfoonmaatskappy met die woorde, “Bla! Bla! Bla!” groot daarop geskryf. Wat my dogter dáár gelees het, het alles oorheers wat ek besig was om te sê! Wat sy gesien het, was op daardie oomblik belangriker as wat sy verkeerd gedoen het. Wat sy gesien het, was belangriker as wat ek daarvan gedink het. ... 

Leer más