Moenie iets probeer byvoeg by dit wat Jesus klaar gedoen het nie
Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp
Notas del episodio
Vir honderde jare het pelgrims die Kerk van die Heilige Trappe in Rome besoek. Volgens oorlewering is die Scala Sancta dieselfde trappe waarteen Jesus in die paleis van Pontius Pilatus moes opstap. Daar is 28 trappe. Pelgrims kom van heinde en ver om op hulle knieë teen hierdie trappe uit te kruip. Op elke trap word daar gebid. Die gedagte daaragter is eenvoudig: Hoe groter die inspanning, hoe groter die beloning. Hoe meer jy ly, hoe meer verdienste verwerf jy.
Só wen jy die guns van God. Só ontvang jy vergifnis. Só behaag jy God. Só probeer ’n mens die glimlag van God oor jou lewe verdien. Maar niks kan verder van die evangelie af wees nie.
Jy kan tienduisend trappe op jou knieë uitkruip totdat die bloed loop. Jy kan tienduisend gebede opsê totdat jy nie meer asem het nie. Jy kan jouself uitput in godsdiens, goeie werke en opoffering ...