Paulus se woorde
Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp
Episode notes
Ek vrees dat ek tevergeefs aan julle gearbei het
(Galasiërs 3:24–4:11). Ek onthou, toe ons nog in Nieu-Seeland gewoon het, hoe die hele land ‘n paar keer aangegryp is deur die massa-stranding van loodswalvisse. Daar is met tye, om een of ander nog onverklaarbare rede, ‘n skynbare vasberadenheid by hulle om op die strand uit te spoel, dikwels in groot getalle. Vrywilligers stroom gewoonlik toe om te help om hierdie imposante diere weer terug te help diep-see toe. Totdat die gety reg is, word die walvisse natgegooi; hulle word deur omstanders getroos, en die walvisse se lot word die fokuspunt van media-belangstelling. Dan, as omstandighede gunstig is, word die walvisse teruggelei na waar hulle hoort. Die tragedie is egter wanneer hierdie diere weer terugdraai strand toe, asof hul gedryf word. Dis dan wanneer hartroerende tonele op die strand ...