'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroniese wekker en die blouwit lig van ons selfoon. Dié nag is daar niks. Net ‘n neerdrukkende duisternis wat my hart vasklem. Vir ‘n paar sekondes is ek heeltemal gedisorienteer. Ek weet nie waar ek is nie. Geen straatlig, geen oranje of groen of rooi of blouwit lig nie. Wat Dawid van ouds beleef as hy Psalm 27 skryf, is totale donkerte wanneer hy dink aan alles wat verkeerd is in sy lewe. Hy het geen rede om ‘n goeie uitkoms te verwag nie. Alles is teen hom ... 

 ...  Read more