VOORKOMING VAN SEERKRY IN DIE KER...
VOORKOMING VAN SEERKRY IN DIE KERK
Hoop Nogtans di Francois Bredenkamp
S26 · E30
7 set 2026
37:16
Note sull'episodio

VOORKOMING VAN SEERKRY IN DIE KERK: Ek onthou nog goed die Saterdagoggend voordat ek verwelkom sou word deur die nuwe gemeente wat my beroep het. Ek is vinnig by Game in om ‘n paar goedjies vir ons nuwe blyplek te kry. Twee mans staan en gesels, en my oor vang, “By watter gemeente aanbid julle nou?” Waarop die ander man antwoord, “Ons gaan nie meer kerk toe nie; ons het seergekry in die kerk...” ‘n Ongemaklike stilte het in die lug bly hang. Wat sê mens vir iemand daar in die middel van ‘n besige winkel?

Dis amper al soos ‘n idioom in die volksmond om te praat van ‘seerkry in die kerk’, so algemeen is die gevoel by so baie mense dat hulle getraumatiseer is in die kerk. Mense beleef dieselfde simptome wat iemand beleef wat deur ‘n intense traumatiese ervaring gegaan het. Die simptome is baie soos dié van post-traumatiese stres steurnis - int ...