Note sull'episodio
Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jou lewe gee, het jy geen rede om te wil aanhou nie. Hy vertel in Man’s search for meaning hoe hy hierdie beginsel in aksie gesien het in die ondraaaglike omstandighede in die konsentrasiekamp. Sommige mense het vinnig die wil om te oorleef verloor. Hulle het nie die konsentrasiekamp oorleef nie. Ander mense weer het sterk genoeg rede gehad om te oorleef, en hulle het oorleef, teen alle verwagting in. Frankl publiseer nog ‘n boek in 1946, Die ärzliche Seel ...