Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509

Hoop Nogtans di Francois Bredenkamp

Note sull'episodio

Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid leer in psalm 6, wat om te bid as jy siek is, waaraan om te dink wanneer jy siek is, en waarvoor om te hoop as jy siek is. Jy is baie welkom om saam met my na hierdie psalm te kyk. - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ -

 ...  Leggi dettagli