In gesprek met Louis en Heinz

por Louis en Heinz

Kuier saam met twee vriende wat aktuele en ongewone kwessies bespreek oor ’n glas wyn - Louis is ’n kliniese sielkundige, skrywer, asook ’n gereelde en bekende stem op radio . Heinz is ’n mediese spesialis, skrywer van boeke en rubrieke, asook 'n kunstenaar. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

Episodios del podcast

  • Hoe swart is jou hond?

    Hoe swart is jou hond?

    Is depressie meestal ‘n “chemiese wanbalans in die brein?” Hoekom werk medikasie oënskynlik vir sekere mense en vir sekere mense nie, of werk dit engsins? Louis en Heinz wonder saam of daar antwoorde vir die verstaan en behandeling van die swart hond is, en indien wel, wat hierdie antwoorde kan behels. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

  • Wat sien sy in hom?

    Wat sien sy in hom?

    Louis en Heinz gesels oor wat mense op mekaar laat verlief raak, en watter faktore ‘n rol daarin speel. Maar is hierdie faktore dieselfde faktore wat mense verlief hou, of wat verhoudings op ‘n langtermyn laat uitwerk? Wat sien die 35-jarige model in die bles ou man van 74? Die twee bespiegel ook oor hoeveel vrye wil mens eintlik het as dit kom by aantrekkingskrag. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

  • Geen leier is beter as ‘n swak leier

    Geen leier is beter as ‘n swak leier

    Louis en Heinz betreur die toestand van leierskap regoor die wêreld, en veral in Suid-Afrika. Waarom volg mense leiers na wat hulle net benadeel? Hoe verwant is leierskap aan boelie, en het mense enigsins leiers nodig? Die twee bespreek groepdinamika en wonder oor wat moontlik oplossings kan wees vir die negatiewe gevolge van swak leierskap. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

  • Die Angsmonster

    Die Angsmonster

    In hierdie episode praat Louis en Heinz oor een van die grootste bedregings van gesondheid en geluk: Angs (Stres). Wat is die organiese en sielkundige oorsake van hierdie groeiende wêreldwye epidemie? Daar word bespreek hoe angstigheid op verskillende maniere die lewe sleg maak, asook oor wat die verreikende implikasies vir ons almal is. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/

  • Wie's jou oom?

    Wie's jou oom?

    Hoe toepaslik is dit om iemand as Oom of Tannie aan te spreek? Hoe is aanspreekvorme verwant aan respek, en hoe verskil dit onder sub-kulture in Suid-Afrika? Louis en Heinz vra of respek nie iets is wat verdien moet word nie, en praat oor die platinum-reël van respek teenoor andere. Hulle gesels ook oor hoe hierdie onderwerp verwys na selfrespek. Besoek ons webtuiste by https://ingesprek.co.za