Christus het jou vrygemaak – bly daarom vry!
Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp
Notas del episodio
In die animasiefliek Despicable Me maak ons kennis met Felonius Gru – ’n onaangename karakter wat hom skynbaar verlustig in allerhande bose planne. Maar alles begin verander wanneer drie weesdogtertjies by hom kom woon. Gru besef baie gou dat hierdie drie dogtertjies sy ordelike bestaan behoorlik gaan ontwrig. Daarom besluit hy dat daar reëls moet wees. Baie reëls!
“Okay! Clearly we need to set some rules. Rule number one: You will not touch anything!”
Een van die dogtertjies vra: “What about the floor?”
Gru antwoord: “Yes, you may touch the floor.”
“What about the air?”
“Yes, you may touch the air.”
En dan kry sy natuurlik iets in die hande wat sy glad nie veronderstel was om aan te raak nie!
Gru gaan voort:
“Rule number two: You will not bother me while I’m working. Rule number three: You will not ...