‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen...
‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is

Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp

Notas del episodio

‘n Artikel op news.com.au op 25 Desember 2025 berig oor die ‘Lost generation’: Hidden crisis creeping into Australia. Miljoene mense regoor die wêreld sluit hulself in hul blyplekke toe, soms vir jare, met minimale kontak met die buitewêreld. Die Japanese het die verskynsel ‘n naam gegee: Hikikomori.

Hikikomori verwys na mense wat hulself vir maande of selfs jare van die samelewing onttrek en meestal binne hul huise leef. Hierdie verskynsel is nou besig om ook in Australië toe te neem. Kenners waarsku dat duisende Australiërs reeds in isolasie leef. Een van die groot redes hiervoor is angs. Mense kruip as’t ware weg vir die lewe, kruip weg van ander mense, en vermy moeilike situasies.

“Angs vestig nie altyd aandag op jou nie— soms sluit dit stilw ... 

Leer más