Ek is eenvoudig geroep om getrou te wees #2605

Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp

Notas del episodio

In die boek Second Calling skryf Dale Bourke dat sy jare gelede ’n konferensie bygewoon het. Toe dit verby was, het haar vriend Bruce aangebied om haar lughawe toe te neem. Net toe hulle wou vertrek, het ’n ander man gevra of hy saam met hulle kon ry.

Terwyl hulle van die hotel af weg gery het, het sy en Bruce die man gevra waar hy werk, en hy het genoem dat hy by ’n spesifieke Christelike organisasie betrokke is. Bruce het gesê: “Ek het goeie herinneringe aan daardie groep, want ek het eenkeer ’n konferensie van hulle bygewoon, en dit is waar ek ’n Christen geword het. Dit was in 1972 in New Hampshire.”

Bruce het verder verduidelik dat sy hele familie uiteindelik Christene geword het en aktief in Christelike bediening is. Sy suster was ’n Wycliffe-sendeling, en Bruce self het die uitgewer van ’n groot Christelike Uitgewer geword.

 ... 
 ...  Leer más