Glo ek regtig dat Jesus Christus die Here is? #2521

Hoop Nogtans por Francois Bredenkamp

Notas del episodio

Katarina die Grote, keiserin van Rusland het in 1787 ’n grootskaalse inspeksiereis onderneem langs die Dnieper River. Die reis is gereël deur Grigory Alexandrovich Potemkin (Potjomkin), een van Katarina se mees vertroude staatsmanne, wat haar wou beïndruk met sy bestuur van die provinsies. Dit word vertel dat Potjomkin vals papier- of kartondorpe langs die rivier opgerig het om Katarina doelbewus te mislei. Miskien het hy nie regtig so ver gegaan nie, miskien het hy. Daar is teenstrydige sienings hieroor. Wat wel gebeur het: • Bestaande dorpe is skoongemaak, versier en verfraai • Boere is soms bymekaar gebring om bevolkingsdigtheid te suggereer • Feesvieringe, seremonies en toneelspel is gebruik Dis duidelik hy wou haar beïndruk. Die uitdrukking “’n Potjomkin-dorp” het ’n vaste plek in Europese tale gekry as metafoor vir: ’n Bedrieglike vertoon w ... 

 ...  Leer más