Notas del episodio

Dis maklik vir ‘n persoon in hul senior jare om te voel dat hulle waardeloos is, oorbodig, selfs onwelkom, ‘n oorlas vir die samelewing. Om te voel jy word eenkant toe gestoot, miskien verdra, maar nie waardeer nie. Maar dis moontlik om ‘n vol lewe te lei in jou silwer-grys jare. Johann Goethe skryf sy meesterlike toneelstuk op die ouderdom van 81. Winston Churchill, op 82, skryf die eerste van 4 dele oor die Britse geskiedenis. Toscanini, die bekende Italiaanse dirigent, lewer sy laaste uitvoering op 87. Michelangelo, op 88, omskep vir die laaste keer ‘n stuk marmer in ‘n pragtige beeldhouwerk. Rubenstein, befaamde pianis, lewer op 89 ‘n puik uitvoering. Picasso skilder steeds op 90. Stradivari, die legendariese vioolmaker, maak viole op 93. Die digter Robert Browning begin sy gedig Rabbi Ben Ezra met die volgende: Grow old with me The best is y ... 

 ...  Leer más