Notas del episodio
Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by die kus, en dan noordwaarts al met die kus langs te stap. Hy weet daar is ‘n navorsingspan wat daar erens langs die kus kampeer. Hy moet by hulle uitkom. Hy neem die bietjie drinkwater wat hy het, en begin stap. Uiteindelik bereik hy die kus. Dit neem nie lank vir sy water om op te raak nie. Hy besef sy posisie is benard. Hy strompel voort, en bid vir krag om aan te gaan. Hy kom op wrakstukke van ‘n skip af wat lank gelede vergaan het. Hoopvol soek hy deur die wrakstukke na enigiets van waarde. Niks nie. Moedeloos sak hy neer op die sand, en bid dat die He ...