Notas del episodio
Op 22 Februarie 2011 sal onthou word as die dag toe ‘n aardbewing verwoesting in Christchurch aangerig het. 185 sterf in die aardbewing. 115 van hulle toe die CTV gebou inmekaar stort. 62 persent van die lewensverlies omdat een gebou se strukturele integriteit nie op standaard was nie. Strukturele integriteit het te doen met dinge soos die behoorlike ontwerp van die gebou, en dat die bouregulasies streng nagekom word. ’n Royal Commission bevind byna twee jaar later na ‘n grondige ondersoek watter faktore het ‘n rol gespeel hoekom die gebou se strukturele integriteit nie na wense was nie. Daar was fundamentele foute gemaak met die ontwerp van die gebou, dit moes nooit goedgekeur gewees het nie; die ingenieur wat verantwoordelikheid aanvaar het, was té onervare vir so ‘n groot projek, en daar was druk op die projekbestuur om kostes te bespaar. Baie ...