Alles Uniek Potgooi

Alles Uniek Potgooi

por Henriete

Joernaal van 'n Oorwinnaar - Oorwinning oor 'n weeskindmentaliteit

Uit die tema van identiteit, kom fokus Anita op die Oorwinning oor 'n weeskindmentaliteit

Alles Uniek Boekklub - Getuienis deur Rachel-Mari Ackermann

Rachel-Mari Ackermann deel met ons haar getuienis uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nie. Wat 'n getuienis vol inspirasie en hoop! Ons vat hande saam vir hierdie program met Audience of One Media en Koue Koffie Boeke. Luister saam en word opnuut herhinner dat Jou storie ook net 'n komma het en God nog nie klaar is met Jou storie nie.

Gevorm deur die Pottebakker - 'n Middernag Boodskap

Christelle van Kinna's Clay gesels met ons oor die die belangrikste gebeurtenis waarvoor ons gereed moet wees.

Joernaal van 'n oorwinnaar

Ons gesels in hierdie aflewering met Anita en Didi oor Identiteit.

Alles Uniek Boekklub

Audience of One en Koue Koffie Boeke gesels meer oor beskikbare boeke. 'n Getuienis word ook gedeel deur skrywer en illustreerder, Rachel-Mari, uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nie Luister saam en word geïnspireer om 'n boek aan te skaf en te begin lees. Hier is stories van hoop wat sterk aanbeveel word.

Alles Uniek Boekklub

Ons gesels met uitgewers, skrywers en boek verkopers. Ons gesels met Elaine van Audience of One en leer meer oor waar Sy begin het in haar reis as uitgewer en skrywer. Haar getuienis gee soveel hoop. Carla en Carmen van Koue Koffie Boeke vertel ons ook meer van hulle boekwinkel, waar hul fokus op kinderboeke en ons ook meer vertel waarom lees so belangrik is en die impak wat dit het op kinders.

Gevorm deur die Pottebakker

Wat beteken dit wanneer die Here sê Hy is die Pottebakker en ons is die klei? Christelle breek die detail van hierdie spesiale kunstegnieke oop, leer ons waarom dit Al jare vir ons geleer word en in die Woord so pertinent genoem word. Luister saam waar ons die detail leer van Pottebakkery en begin sien wat God se Hart vir ons is. Soveel meer as wat ons besef.....

Joernaal van 'n oorwinnaar

Joernaal van oorwinnaar bevat inhoud van mense Soos ek en jy, met goeie en slegte seisoene. Hoe hul daardeur gewerk het of steeds werk. Hul vertel van hul pad van oorwinning saam met die Here. Hierdie Joernaal program is 'n plek waar ons onsself kan vereenselwig en ook onthou dat ons nie Alleen die pad stap nie.

Vuurdraers

Wat is Jou doel op aarde? Stap saam in die lering oor hoe om 'n draer van Vuur en draer van krag te wees.

Profetiese Soene

Profetiese Soene deur Jessica van der Walt. Die Woord van God is Soos Soene. Jessica gee Woord en verduidelik wat dit beteken as Sy praat van die Soene van God. Ons lees 2 profetiese woorde uit Jessica se boek, Kisses from Heaven. Jessica vat in hierdie aflewering als rondom Profetiese Soene bymekaar.
4 de 5