Taalgenoot Klankbaan

Taalgenoot Klankbaan

por Jaco van der Merwe & Angie Gallagher
Peach van Pletzen: Awakening the Legehness
Explícito
Angie & Jaco gesels met Groothond Peach van Pletzen in sy studio in Johannesburg, oor taal en menswees en Afrikaans-wees, en Peach doen ook 'n fantastiese "Song Exploder"-styl breakdown van Van Pletzen se monster treffer "Awaken The Legehness".
N1 Jozi / Ruk en Rym / Kuierkol
Explícito
Ruk en Rym vorm saam met die kwartaallikse tydskrif en Klankbaan die drie bene van die Taalgenoot-ekosisteem. In hierdie episode gesels Angie met die opkomende kletsrymer en voormalige Ruk en Rym-semifinalis, N1 Jozi, by die RSG/ATKV-Kuierkol tydens vanjaar se KKNK, en dit lei in die ateljee tot 'n groter gesprek met Jaco oor Ruk en Rym. Hulle deel ook ’n paar staaltjies oor die wonderwêreld van kunstefeeste.
Allen Laing
Explícito
Jaco en Angie en Anika kuier by kunstenaar Allen Laing, en hy maak vir hulle "xylomedicine" (geskenkies uit hout) na 'n diep gesprek oor kuns en hoe om nie bome te klim nie.
Janke Mostert (van Dierbaar)
Explícito
Angie & Jaco het opgevang met Janke Mostert, sangeres en liedjieskrywer van die band Dierbaar, by Rosemary Hill Farm in Gauteng, waar Janke besig was met 'n artist residency. Hierdie is 'n tydlose gesprek oor kreatiwiteit en menswees, en Janke sing ook 'n handvol liedjies wat tussen die geselsery gehoor kan word.
Lynthia Julius
Explícito
Lynthia Julius lees haar gedigte vir 'n live audience by Railways Cafe, en dan gesels sy met Angie en Jaco direk na die show by 'n gastehuis in Irene, en weer met Angie die volgende oggend op pad terug lughawe toe. Die warrelwind van 'n ervaring is vasgevang in hierdie podsending, en daar's 'n hele paar quotable quotes in hierdie gesprek wat jy heel moontlik nooit sal vergeet nie...
'n Klapgeveg in Benoni
Explícito
Angie, Jaco en Anika gaan kuier by ’n Punisher Slap Fight-byeenkoms in Benoni. Die klappe het behoorlik gereën, en ons was daar om met ’n paar van die klappers te gesels. Ná die tyd deel ons ook ’n paar filosofiese gedagtes oor die ervaring.
Charl du Plessis
Explícito
'n Gesprek tussen Angie, Jaco en bekroonde musikant Charl du Plessis, langs Charl se klavier. Stories, musiek, herinneringe.