Episode 19 - Franz Czepek (Deel 2...
Episode 19 - Franz Czepek (Deel 2 van 2)
Die Rally-Raid Dagboek por Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
E19
24 sept 2026
29:37
Notas del episodio

In hierdie episode gesels ons verder met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid-kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle ook vereer met Protea-kleure vir motorsport.

Franz was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie, wat tientalle beroemde oorwinnings opgelewer het – insluitende vier algehele oorwinnings by die Roof of Africa asook die Toyota 1000 Woestynwedren. Gedurende sy glorieryke loopbaan het hy dit reggekry om elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel te wen.

As 'n taai, onverskrokke maar regverdige renjaer, sal Franz Czepek vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport.

 ... 

Palabras clave
rally-raid
off-road racing
rally
Suid-Afrika
Afrikaans
die rally-raid dagboek
Sobre qué lugar trata este episodio
Dónde está producido este episodio