Episode 14 - Francois Jordaan (De...
Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)
Die Rally-Raid Dagboek por Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
E14
20 ago 2026
27:09
Notas del episodio

In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer:

· Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het

· Die teleurstelling van Dakar 2008, wat op die laaste oomblik afgelas is, saam met Mark Corbett in ’n Century Racing Nissan Navara, die waardevolle verhoudings wat gebou is, en die lesse wat geleer is

· Die 2012 Dakar in Suid-Amerika saam met Mark Corbett in die nuut ontwikkelde Century Racing CR5 – kameraadskap in die Suid-Afrikaanse rally-raid-gemeenskap wat ’n paar waaierbande gespaar het en die stil-stil klas oorwinning

· Die lewe se gelukskote, ... 

Palabras clave
rally-raid
off-road racing
rally
Suid-Afrika
Afrikaans
die rally-raid dagboek
Sobre qué lugar trata este episodio
Dónde está producido este episodio