Van die spoor af
by Lelanie du PreezSeason 4
Die konklusie, of dalk nie?
Ons seisoen kom tot 'n eienaardige konklusie op 'n trein rit wat 'n snaakse draai vat. Dit los almal met vraagtekens oor wat die toekoms kan inhou. Lelanie en JW dink terug aan die laaste 8 episodes, bespreek die hoogtepunte, laagtepunt, onbeantwoorde vrae en wat die punt van dit alles was.Gebak of gestol, ‘n kaaskoek ontlok altyd diepste geheime en wyshede. JW en Lelanie gesels oor die rol van ouderdom in kultuurkronkels en onthul die portrette wat hulle van mekaar gemaak het, met opwindende skaterlag. Kuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is. Tussen Vloere en Bestemmings
Na 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emosie en filosofie van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in die eerste reeks van Grey's Anatomy gedra het.In die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het. Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies. Late Night met JW en Lelanie
Episode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!Dis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account. Met die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is. Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMics https://www.instagram.com/fknman_official Season 3
Die begin van 'n nuwe avontuur
In die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!