Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502

Hoop Nogtans by Francois Bredenkamp

Episode notes

Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid in gevaar stel. Daar is ‘n punt waar die drenkeling moet oorgee en toelaat dat hul na veiligheid gebring word. Jy moet erken jy het hulp nodig, en jy moet daardie hulp aanvaar. Daar kom ‘n punt in jou lewe dat jy moet oorgee aan die Here om jou te help. Hou op spook en spartel om jouself te red. Psalm 55:23 Gee jou kommer oor aan die HERE. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie. Hierdie vers is ingebed in ‘n klaaglied (lament), ‘n lied ... 

 ...  Read more